AfriForum help skole in Bloemfontein

0
1524
By Laerskool Universitas was van links Christo Groenewald, Manie de Klerk (voorsitter van AfriForum se Wilgehof-tak) en Suzaan Wille (bemarker by Laerskool Universitas).

AfriForum-takke in Bloemfontein het skolehulppakkette aan vier skole in die stad geskenk as deel van die #AfriForumStaanSaam vir skole-projek, wat in samewerking met AfriForum Jeug bedryf word.

Volgens ‘n verklaring, het die Hoërskool Jim Fouché, Universitas Laerskool, CVO Skool Dankbaar en Laerskool Willem Postma die pakkette ontvang wat hul onderwysers en leerders sal help beskerm teen Covid-19.

Volgens AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein, Christo Groenewald, het baie skole nie vir die bykomende uitgawes begroot nie en AfriForum wou graag help om leerders en skoolpersoneel veilig te laat voel wanneer hulle moet terugkeer skool toe.

Die pakkette bestaan uit Covid-19-inligtinstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreinger en handreinigerstaanders.

Inwoners wat graag wil help en by AfriForum betrokke wil raak, kan ‘n SMS stuur aan AfriForum by 45266.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za