AfriForum help met brandende huis in LHP

0
1538
Nooddienste en die polisie op die toneel van die brand in Langenhovenpark.

Lede van die burgerregte-organisasie, AfriForum, het op 11 Julie 2020 vinnig gereageer nadat hulle ’n noodoproep van ’n huis in Langenhovenpark, Bloemfontein, wat besig is om te brand, ontvang het.

Die brandweer is dadelik ontbied nadat AfriForum se Bloemfontein-beheerkamer in kennis gestel is.

Volgens Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein, was die Langenhovenpark-patrollielede binne minute by die huis en het die toneel saam met CAM-sekuriteit beveilig en die straat afgesper sodat die nooddienste makliker toegang kon kry tot die toneel.

“Dit is wonderlik dat AfriForum se buurtwagte in Bloemfontein ’n uitstekende verhouding met ’n netwerk van sekuriteitsmaatskappye, nooddienste en buurtwagte het.

“Dit bied ons die geleentheid om vinnig op noodroepe te kan reageer en die regte hulpbronne te ontbied,” sê Groenewald.

info@bloemfonteincourant.co.za