AfriForum gaan voort met skoonmaakprojek

0
1841

AfriForum se Sektor 3-tak in Bloemfontein het onlangs voortgegaan met hul skoonmakprojek toe hulle die middelman in Walter Sisuluweg skoon gemaak het.

Volgens ‘n verklaring het dié tak en AfriForum-jeuglede dié skoonmaakprojek op 1 Februarie 2020 begin om die netheid van die hoofingang te verseker.

Volgens Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Rosestad, word hierdie aksies uitgevoer omdat die munisipaliteit sy pligte versuim. “AfriForum sal aanhou om met sulke aksies inisiatief te neem in gebiede waar die munisipaliteit hul plig versuim,” het Groenewald gesê.

Volgens die verklaring gaan lede gereeld daar byeenkom om skoon te maak.

info@bloemfonteincourant.co.za