E Copy

Date:

AfriForum en Solidariteit môre in hooggeregshof oor Afrikaans by UV

Die burgerregte-organisasie AfriForum en vakbond Solidariteit gaan môre die hooggeregshof in Bloemfontein nader met ʼn dringende aansoek teen die implementering van die 2017-taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Dié beleid rangeer Afrikaans as taal van onderrig aan dié instelling uit.

Die hooggeregshof het op 21 Julie 2016 beslis dat die beleid ongrondwetlik is en die aanvaarding daarvan dus ter syde gestel moet word.

Die universiteitsbestuur het egter ʼn versoek na beide die hoogste hof van appèl en die Konstitusionele Hof gestuur om teen die uitspraak te appelleer. Terwyl op ʼn antwoord hierop gewag word, bly die aanvaarding van die nuwe beleid in plek en kan die bestuur tegnies met die implementering daarvan voortgaan.

Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sou die eerbare optrede wees dat die bestuur sou wag met implementering – veral gesien in die lig van die verdoemende aard van die hofuitspraak teen albei hul optrede tydens die aanvaardingsproses, asook die diskriminerende aard van die beleidsinhoud.

UV wou egter geen onderneming van dié aard gee nie. Voornemende studente word dus in die duister gelaat oor die feit of hulle in 2017 wel vir studie in Afrikaans kan registreer en dan ook sodanige studies oor die komende jare in Afrikaans kan voltooi.

“Voornemende studente word onregverdig benadeel. Die registrasietye loop uit en hulle moet spoedeisend weet wat hulle opsies is. Ons versoek die hof dus Maandag om hulle belange op ʼn dringende basis te beskerm,”  Bailey.

Verklaring

Share post:

Popular

More like this
Related

Graduation season at CUT begins

The Central University of Technology in the Free State...

Shanela operations : SAPS arrest almost 13 000 nationwide

Through the high-density operations, known as Operation Shanela, the...

Higher Education Committee in FS for oversight visit

The Portfolio Committee on Higher Education started with their...

Police to investigate fatal shack fire in Bloemspruit

Residents of Phase 7 in Bloemspruit awoke to tragedy...