AfriForum: Die regering moet plaasmoorde prioriteitsmisdaad maak

0
707

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, is gefrusteerd en teleurgesteld in die Suid-Afrikaanse regering wat nie drasties ingryp om plaasmoorde ‘n prioriteitsmisdaad te maak nie. Die organisasie se adjunk-uitvoerende hoof, Ernst Roets, sê dit is hartseer dat president Jacob Zuma vandeesweek twee keer ‘n beroep op boere gedoen het om die lewenstoestande van plaaswerkers te verbeter, terwyl niks gesê is oor die duisende boere wat al op plase vermoor is nie. Volgens Roets is sewe plaasmoorde sedert die begin van die jaar oor die land heen gepleeg.
 
Daarvan is vier in die Vrystaat. Hy sê ‘n dubbele strategie moet gevolg word om boere se veiligheid te bevorder.

AfriForum en die TLU sal eerskomende Donderdag ’n gesamentlike mediakonferensie in Centurion aanbied, waartydens die statistieke oor plaasaanvalle en –moorde in 2014, bekendgestel sal word.