Afgebrande Quen Cedri-woonstelle eersdaags herstel

0
973

Owen Kock

Nadat ‘n brand gister twee woonstelle in Raymond Mhlaba Straat in Bloemfontein verwoes het, word daar vining gespeel om dit so gou moontlik herstel te kry.

Teen vanoggend het was die versekering reeds by die gebou, saam met ‘n kontrakteur om die omvang van die skade te bepaal aan die gebou wat deur Edric Trust bestuur word.

Volgens ‘n werknemer van Edric Trust, het die inwoner van die woonstel wat vernietig is (die ander een was leeg) na wat verneem word huisvesting by familie-lede gekry.

Daar sal Maandag met die skoonmaak proses begin word voor die herstel van die twee woonstelle aandag sal geniet.

Die woonstelle het gisteroggend net na nege uur aan die brand geslaan en is deur die brandweer geblus, maar teen die tyd dat dit gedoen is, was altwee woonstelle reeds verwoes en met Courant se aankoms net voor 10h00 het sekere dele van die woonstelle steeds gesmeul.

Die ondersoek na die oorsaak van die brand kon nog nie vasgestel word nie en die brandweer se ondersoek duur voort.