Aardbewing: Gesin glo vasgekeer

0
2748

News Team

Orkney – Ten minste een gesin is volgens berigte vasgekeer in ‘n huis op die R30 tussen Orkney en Klerksdorp nadat ‘n aardbewing die sentrale deel van Suid-Afrika net na 12:00 vandag getref het en dié huis ingetuimel het.

Die trilling het 5.3 op die Richterskaal gemeet en die episentrum was 6km oos van Orkney, 10km diep. Volgens berigte is Orkney en Stilfontein swaar getref met mure en selfs huise wat ingetuimel het.

Orkney-nooddienste se Tommy Deysel sê talle geboue, insluitend skole is ontruim nadat geringe skade aan strukture aangerig is. Hy sê die polisie, verkeerspolisie en brandweer is besig om uit te reik na mense wat skade aangemeld het.

Mynwerkers is glo vasgekeer – maar Deysel kon dit nie bevestig nie. Tot sy beste wete was daar geen lewensverlies nie.