Aansoeke vir 2025 Vrystaat Kunstefees nou oop

0
Aansoeke vir 2025 Vrystaat Kunstefees nou oop
Die Vrystaat Kunstefees sal vanaf 15 tot 19 Julie 2025 op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat plaasvind. PHOTO: Vrystaat Kunstefees

Aansoeke vir die 2025 Vrystaat Kunstefees is nou oop en kunstenaars word aangemoedig om voor 11 Oktober 2024 hul aansoeke in te dien.

Volgens die fees se amptelike inligting sal slegs aanlyn aansoeke oorweeg word. “Die Vrystaat Kunstefees aanvaar geen verantwoordelikheid vir dokumente wat verlore raak in die pos nie,” sê die feesbestuur.

Die keuringskomitee, wat bestaan uit ’n onafhanklike paneel van sewe lede, evalueer elke aansoek gebaseer op verskeie faktore soos bekostigbaarheid, oorspronklikheid en artistieke meriete. Die besluit van die keuringskomitee is finaal, en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Die bestuur behou die reg voor om sekere produksies te befonds en kunstenaars uit te nooi om deel te wees van die program. “Dit is belangrik dat geen lid van enige produksie in meer as drie vertonings betrokke is nie,” voeg die feesbestuur by.

Die Vrystaat Kunstefees sal vanaf 15 tot 19 Julie 2025 op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat plaasvind. Kunstenaars kan meer inligting oor aansoekvereistes en skedulering op die fees se webwerf vind: www.vrystaatkunstefees.co.za

Saamgestel deur Justine Fortuin

No posts to display