Aanklagte teen 23 VS-gesondheidswerkers teruggetrek

0
666

CATHY DLODLO

Aanklagte teen 23 van die meer as 100 Vrystaatse gemeenskapsgesondheidswerkers is vanmiddag teruggetrek.

Dit volg nadat dié werkers toestemming gegee het vir mediasie. Hulle het ‘n sit-staking by die hoofkwartier van die gesondheidsdepartement in Bloemfontein gehou toe hulle in Julie verlede jaar in hegtenis geneem is.

Die werknemers was ongelukkig oor die opskorting van hulle kontrakte deur die gesondheidsdepartement.

‘n Tweede aanklag van verset teen inhegtenisneming is teen een van die aangeklaagdes – wat ook deel was van die mediasie – teruggetrek.

Die verhoor is vanoggend na die hooggeregshof oorgeplaas omdat daar meer plek is.

Landdros Zukiswa Thafeni sal na verwagting vandag uitspraak lewer in die aansoek van die meer as 100 gemeenskap gesondheidswerkers om die saak teen hulle te laat vaar.

Die regsverteenwoordiger vir die werkers, Advokaat Rudolf Mastenbroek, het gister aangevoer dat elke inwoner, ingevolge die grondwet, die reg om sy of haar mening te lug en dat die staat moet besluit of die aangeklaagdes die protesaksie bygewoon of georganiseer het.