A is vir appel

0
2915

A is vir appel,
kraakvars in jou mond.
Eet een elke dag
dan bly jy mooi gesond!

Groot A se bene
staan wydsbeen op die grond.
Klein a se magie
is so boep en rond.

Vrolike rympies, prettige illustrasies en kleurvolle foto’s
maak dit maklik en lekker om die ABC te leer!
Hierdie boek sal kleuters help om al die letters van die alfabet
te leer herken en klanke en eerste woorde daarmee te
assosieer. Eenvoudige rympies help kinders ook onthou hoe
elke letter gevorm word. Van A tot Z – dis groot pret!