Schools news/Skole Nuus

0
1485

Eunice Learner makes FS top 50

Taegan Regal, Gr 11 learner at Eunice High School (on the right), was placed in the top 50 in the FS after the Science Olympiad. As a result, she was given the opportunity to attend a Science Convention with her Science teacher, Mrs Kerryn Lombard (left). This took place at the North West University, Potchefstroom on the 15th and 16th of August. Taegan said that the well-organised Science Convention was an inspiring and enlightening experience. She enjoyed all the presentations but especially the Chemistry demonstration and the tour around the Pharmacy faculty. She will share her experiences with her peers and use the opportunity that was given to her to encourage others.

Dazzling Dance Studio behaal eerste plekke

Dansers van Dazzling Dance Studio het verlede Vrydag deelgeneem aan die Provinsiale Kampioenskap by Bobbiespark, waar die Formation Team, Dance Reflection, eerste gekom het. Agter van links is Boudine van der Walt, Mia van der Walt, Jessica van Ede, Jane Rautenbach, Marna Grobler en Carla Bredenkamp; voor is Cristelle van Breda (studio-eienaar en instruktreur), Tharine Pretorius, Sydney Oosthuizen, Luka Visagie, Justine Holmes, Kiley Saaiman en Chanelle Kruger (instrukteur).

Tjokkies-landloopspan presteer

Op 17 Augustus het die jaarlikse Vrystaat-landloopkampioenskap plaasgevind en die langasems van Tjokkies het so tussen die Mac Tjokkie-hokkiewedstryde ook aan die landloop deelgeneem. Vyf Tjokkie-atlete is ingesluit in die Vrystaat-span. Atlete neem deel in hul onderskeie ouderdomsgroepe in vasgestelde afstande vanaf 1 km vir die o.8-leerders tot by die 10 km vir die seniors. Voor van links is Lelanie Jordaan (meisies o.9 – 2 km); Ezeth Esterhuizen (meisies o.12 – 3 km) en Jean-Louis Ceronio (seuns o.10 – 2 km). Agter is Ivana Carstens (meisies onder 11 – 3 km) en De Villiers Lamprecht (seuns o.11 – 3 km).