Voedselvergiftiging raak 80 by Vrystaatse oord

0
1004

 

Meer as 80 mense het voedselvergiftiging opgedoen by die Aldam-oord naby Ventersburg in die Vrystaat.
ER24 is ontbied en het pasiënte aangetref wat kla van erge maagpyn en braking.Agttien van die mense is na die Bongani- en Katleho-hospitaal geneem. Dit is nog nie duidelik wat die vergiftiging veroorsaak het of wie die spyseniers was nie.

‘n Dokter is per vliegtuig na die toneel geneem om paramedici by te staan.

Oordbestuurder, Nehan Ungerer, sê ‘n groep van Love Life het ‘n konferensie bygewoon toe hulle siek geword het. Die oord sal ‘n verklaring uitreik nadat mediese verslae ontvang is.  – Mark Steenbok