Sorg dat dit in jou tuin gons op Wêreldbyedag – Maandag 20 Mei 2019

0
588

Jy het bye nodig, en jou tuin het bye nodig – as almal wil eet en oorleef, het die wêreld bye nodig! Waarom? Want dié besige goggatjies bestuif omtrent een derde van al ons voedselgewasse en ongeveer 90% van alle veldblomme en sorg gevolglik dat hulle oorleef, gedy en floreer.

In ons land en elders daal byegetalle egter baie vinnig. Wêreldbyedag word op 20 Mei gevier, en jy kan die volgende doen om BYE TE BEWAAR. Maak eerstens seker dat jou tuin, stoeppotte, balkon of agterplaas vol plante is wat hulle sal gee wat hulle nodig het – wei- of byekos. Bye se wei- of byekos bestaan uit die nektar en stuifmeel van blomplante binne hul bereik. Byeboere slaan baie ag op bronne van weiding vir heuningbye. As jy nie mooi weet watter plante bye-vriendelik is nie, kan jy Candide aflaai. Dit is ’n GRATIS tuinmaaktoep vir mense wat sosiaal en eko-bewus is, en sal jou inlig oor watter plante bye die hartlikste verwelkom.

“Daar’s een spesie wat jy bo alle ander die tuinier se beste vriend kan noem …” sê Shani Krige van Candide, “en dit is bye. Danksy hul intuïtiewe kruisbestuiwingstelsel sorg hulle dat talle plante aan die lewe bly, van blomme en struike tot groente, kruie en bome. Dis dié verskeidenheid, dié biodiversiteit, wat ’n gesonde omgewing skep wat alle lewende dinge aan die lewe kan hou – die grotes, die kleintjies, en die piepkleintjies. In die natuur hou alles op die een of ander manier met mekaar verband, en bye is die enkele belangrikste samesnoerder.”

Photo: KTNV.com

Volgens Krige hou bye van talle plante, dikwels dié met blomme met helder kleure en sterk reuke. “In die ontdekkings-afdeling van die toep is daar inligting oor die beste plante in jou tuin om bye te lok, soos aalwyne, vygies, madeliefies, proteas, heide, kanferfoelie, muishondblaar, salie, soetdoring, laventel en roosmaryn,” sê Krige.

Daar is ook baie feite oor bye, en aanwysings vir hoe om ’n byelokboks te maak. Jy kan ook ’n hele gemeenskap plaaslike en internasionale mense met bye op die brein ontmoet. “Daar is miskien reeds etlike byevriendelike plante in jou tuin. As jy onseker is, gebruik dan ons pas ontwikkelde Plant-uitkenningsfunksie in die toep se kennis-afdeling om dit vas te stel,” voeg Krige by.

Besige bytjies

Die daling in byegetalle het ook ’n uitwerking op die produksie van heuning – daardie kosbare goue vloeistof wat al van die heel vroegste tyd vir sy genesende en voedings-eienskappe geliefd is. Het jy byvoorbeeld geweet dat een by in sy leeftyd minder as ’n kwart-teelepel heuning sal maak, en dat 60 000 bye bykans 90 000 km sal moet aflê en meer as 2 miljoen blomme sal moet besoek om een fles van 450 g suiwer rou heuning te maak?

Die verbruik van heuning neem toe, en ons kan dit dus beslis nie bekostig om ’n enkele by prys te gee nie. Elke by is elke dag verantwoordelik vir tussen 10 en 100 stuifmeelbesoeke aan tot 5 000 blomme. Die koninginby beweeg glad nie, maar doen meer as haar deel deur tot 1 000 eiers in 24 uur te lê!

Waarom word bye so bedreig? Daar is talle redes, maar verlies aan habitat is die belangrikste. Namate grond ontwikkel word, verdwyn baie van die plante wat bye as kos gebruik. Landbou met een gewas bring mee dat die verskeidenheid wat bye nodig het, verminder. Klimaatsverandering en die stygende temperature wat dit meebring, beteken dat blomme en bye se patrone nie meer saamval nie. Daar is siektes en virusse soos Amerikaanse vuilbroed en Kolonie-ineenstortingsafwyking. Laastens is daar die gebruik van plaagdoders, onkruiddoders en geneties aangepaste voedselsoorte.

Foto Dwayne Senior for Marvello & Mill / Candide South Africa

Word ’n byevriend

Die eintlike vraag is – hoe kan jy help om BYE TE RED? Jane Griffiths, Suid-Afrika se kenner oor organiese tuinmaak en ’n blitsverkoperskrywer, het ’n byekorf in haar tuin. “Een van die voordele van ’n byekorf is dat dit ’n tuiste bied aan insekte wat voordelig is – nie net vir my tuin nie, maar vir die buurt in die algemeen,” sê Griffiths. “Bye is vir ons voedselketting van die grootste belang omdat hulle plante bestuif terwyl hulle nektar en stuifmeel soek.”

Hier is enkele maklike maniere waarop jy kan help om ons bye te red:

  • Word ’n bestuiwingsvoorstander. Skep ’n bestuiwingsvriendelike tuin deur kleurryke blomme te plant en plante met enkelblomblare te kweek. Laai die gratis Candide-tuinmaaktoep af vir inligting oor watter plante byevriendelik is.
  • Ken jou onkruid. Dink aan die bye voordat jy onkruid uittrek. Sommige onkruidsoorte is ’n goeie bron van stuifmeel en nektar vir hardwerkende bye wat voor die aanvang van die winter nog bronne van kos soek.
  • Steun plaaslike produkte. As jy plaaslike rou heuning koop, steun jy plaaslike byeboere en hul bye, en daarmee saam jou dorp of stad se omgewingsgesondheid, om van jou eie gesondheid nie te praat nie.
  • Ken jou bye. Daar is wêreldwyd meer as 20 000 spesies, maar in Suid-Afrika val die klem op Apis mellifera (Europese heuningby) en Apis mellifera capensis (die Kaaps heuningby). Praat met jou plaaslike byeboer en en leer meer hieroor.
  • Vermy alle plaagdoders en chemikalieë in jou tuin.
  • Laat swerms met rus. Swerms is ’n natuurlike proses wat hom voordoen wanneer byekolonies se neste uitgedien raak. Skakel jou plaaslike byeboer of byeboervereniging as jy ’n swerm sien. Kies ’n ekovriendelike persoon of groep wat ’n swerm sal versamel om daarmee te boer, of hulle na ’n veiliger nuwe woonplek sal neem eerder as om hulle te vernietig. Swermbye is rustig en hou min gevaar in, maar kan aggressief word as hulle versteur of met water gespuit word. Laat hulle met rus en wag tot hulp opdaag.

Laai Candide gratis van die Google Play Store of Apple App Store af vir nog inligting wat met bye te doen het, onder meer heuningresepte en die medisinale gebruike van heuning. Gebruikers wat die toep afgelaai en ’n rekening geskep het, kan dit dan in Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk en Ierland gebruik. Tik net “Candide” in die soekbalkie in om die toep te kry.

Volg Candide op Instagram @candideappsa of Twitter @candide_SA en “like” dit op Facebook.

info@bloemfonteincourant.co.za