Duane Petrus – Vyf mense verskyn vandag in die Runstenburg landdroshof in verband met die plundering van ‘n inkopiessentrum vroeg Maandagoggend.
‘n Gemeenskapsaal en talle huise was ook deur die groep van omgeveer 4 000 mense aan die brand gesteek.
Noord-Wes polisiewoordvoerder, Thulani Ngubane, sê vier verdagtes, tussen 33 en 45 jaar oud, is gevang met kospakkies, wat vermoedelik tydens die plundering gesteel is.
Daar is vermoede dat die insident aan die protes van die Association of Mineworkers and Construction Union gekoppel is.
Dié protes duur al drie maande lank en talle mynwerkers is as gevolg sonder kos of enige inkomste.
Ngubane kon nie die waarde van die gesteelde goedere bekend maak nie en ook nie sê hoeveel winkels hierdeur geaffekteer is nie.
Vier verdagtes is van die besit van gesteelde goedere en publieke geweld aangekla en een vir brandstigting.