Vyfde Franse mark word aangebied

0
8097
Die vyfde Franse mark vind op Saterdag 3 Junie by Villa Avianto plaas.

Villa Avianto bied op 3 Junie vir die vyfde keer sy winter- Franse mark in Kwaggafontein, Bloemfontein, aan.
Die mark begin die Saterdagoggend amptelik om 8:30 en besoekers kan ‘n heerlike warm Franse atmosfeer kom geniet tot en met 15:00 die middag.
Die geleentheid skop af om 8:00 af met ‘n 5 km-Spice Walk vanaf Villa Avianto waaraan die hele gesin gratis kan deelneem.
Na afloop van die Spice Walk, kan besoekers verskeie uitstallers se produkte geniet. Daar gaan iets van alles wees, insluitend handgemaakte sepe, blomme, Franse meubels, Franse huisdekor, handsakke, klere, vars groente en vrugte, ensomeer.
Nie net die skoner geslag sal bederf word deur die verskeidenheid stalletjies nie. Vir die manne word antieke Volkswagen-voertuie uitgestal, terwyl kinders kan uitsien na heerlike vermaak.
Om die innerlike te versterk, sal die Markkombuis ‘n heerlike croissant-ontbyt, heel hoendertjies en drie verskillende soorte sop te koop aanbied. By die Villa Café sal heerlike koffie, koek en quiche verkoop word. Die Senaque Restaurant se spyskaart sluit ‘n verskeidenheid wyn met kaasborde en ligte middagetes in. Ligte verversings soos samoesas, Halloumi-kaas en pannekoek voltooi die prentjie.
Maak seker jy skryf in vir die kompetisie. Jy kan drie dae se verblyf in die suide van Frankryk wen.
Toegang is R20 per volwassene en R10 vir skoolgaande kinders onder 12 jaar. Kinders onder 6 jaar kry gratis toegang.
Vir meer inligting, skakel gerus vir Suretha van Heerden by 083-329-4872. – Jeretha Oosthuizen
info@Bloemfonteincourant.co.za