E Copy

Date:

Dubbele vreugde vir Fichardtparkers

Die Fichardtpark-woonbuurtassosiasie (FWA) het dr. Jaco Deacon op sy algemene jaarvergadering op 25 April as nuwe voorsitter aangewys.
Luidens ‘n verklaring van die FWA, was die assosiasie die afgelope ses jaar geseënd met sterk leiers wat meegebring het dat hy standvastig sy doelwitte kon nastreef, naamlik om Fichardtpark “veilig, pragtig en sorgsaam” te maak.
Deacon sê hy is baie opgewonde om deel te kan wees van ‘n woonbuurt waar mense verantwoordlikheid vir mekaar aanvaar. “Die spreekwoord ‘it takes a village to raise a child’ strek wyer as die onderwys. Dit beteken dat ons mekaar as bure moet ken en ondersteun en dat ek my kant in die woonbuurt moet bring,” sê hy.
Nie net het die FWA ‘n nuwe voorsitter nie, maar spog ook met ‘n belangrike nuwe lid nadat die Life-Rosepark-hospitaal hom by die FWA aangesluit het.
Rosepark het in 2015 ‘n kringtelevisiekamera aan die FWA geskenk, wat die kamerastelsel in Fichardtpark uitgebrei het na vyf kameras. Hierdie kameras dra grootliks by tot die bevordering van veiligheid in Fichardtpark.
As nuwe lid van FWA is Rosepark opgeneem in die FICH-Net-radionetwerk, met direkte kontak met die FWA-bevelvoerders en alle radiogebruikers.
“Die samewerking tussen ondernemings en ander instansies, soos die hospitaal, is vir die woonbuurtvereniging van groot waarde. ‘Vyf vingers maak ‘n vuis’ is ‘n gesegde wat al oor en oor bewys is,” lui die verklaring.
Vir inligting of navrae rakende die vereniging, kontak Johanna Venter by 083-501-0065 of stuur ‘n e-pos na venter65@telkomsa.net. – Jeretha Oosthuizen
info@bloemfonteincourant.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...