35 verskyn more in die hof na protes by UV

0
2326
Betogende werkers en studente vroeer by die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein kampus. Foto: Lerato Sebe

‘n Groep van 35 werkers en studente, wat vroeër by die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus in hegtenis geneem is, sal môre in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die werkers en studente tussen die ouderdomme van 25 en 49 is vroeër in hegtenis geneem. Polisie moes vroeër onder meer skokgranate gebruik om die groep uitmekaar te kry.

Werkers en studente staak sedert Vrydag teen die universiteit se beleid van uitkontraktering. Hulle wil onder meer ‘n einde bring aan die universiteit se beleid van uitkontraktering.

IMG_7103

Intussen het die universiteit se woordvoerder, Lacea Loader, bevestig dat die situasie tans stabiel en onder beheer is op die universiteit se Bloemfontein-kampus.

“ ‘n Groep van openbare polisiëring is steeds besig om die situasie te monitor. Klasse is vroeër ontwrig terwyl ‘n groep ook toegang tot die bibilioteek verkry het.”

“Die hoofhek bly gesluit en studente word aangeraai om die ander toegangshekke te gebruik,” sê Loader.

IMG_7115

Sy sê verder dat onderhandelinge tussen werkers en die bestuur van die universiteit deurlopend plaasvind. Dit kom nadat die werkers vroeër aangevoer het dat hulle nie sal ophou staak alvorens die universiteitsbestuur antwoorde verskaf nie.

Hulle probeer tans om die werker-en-studenteforum weer terug om die onderhandelingstafel te kry.

Intussen sê polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, dat die groep van 35 môre in die hof op aanklagte van onwettige samekoms en minagting van die hof sal verskyn.

-Mark Steenbok