Slang deur elektriese heining doodgeskok

0
3439
Foto: Elna van der Walt

Twee drawwers het hulle vanoggend byna boeglam geskrik toe hulle op ‘n vreemde gesig op die hoek van Henry Faganstraat en Hennie Potgietersingel, in Heuwelsig afgekom het.

Elna van der Walt en haar man het gehoor hoe ‘n elektriese heining vreeslik skiet.

Groot was hul verbasing toe hulle ‘n slang bo-op die heining sien lê.

Elna sê hulle vermoed die slang het uit die boom geval en is deur die elektriese heining doodgeskok.

Maricelle Botha/Courant-nuus