E Copy

Date:

Kom steek ‘n kers aan vir Amerikaanse nagklub-slagoffers

Die massaskietery in ‘n Amerikaanse nagklub vir gays in Orlando, Florida, waarin tientalle mense dood en beseer is, het ook skokgolwe deur die hele lesbiese, gay, biseksuele, transgender en interseksuele gemeenskap in Suid-Afrika gestuur. ‘n Bloemfonteiner en Suid-Afrika se Mnr. Gay Mardi Gras vir 2016, Alexander Steyn, sê die tragiese voorval is hartseer en ontstellend.

Steyn sê die lesbiese, gay, biseksuele, transgender, interseksuele en vraende (LGBTIQ) gemeenskap veg al lank vir hul regte om veilig te wees in plekke waar hulle onvoorwaardelik aanvaar word. “Die gedagte om in ‘n veilige plek (hy verwys na die Amerikaanse nagklub vir gays) doodgeskiet te word, laat my sidder.”  Hy verwys na die aanval op “sy mense” as ‘n aanval op homself asook alles waarvoor die LGBTIQ-gemeenskap staan. Dit gaan vir dié gemeenskap oor aanvaarding en liefde.

Mense kan vanaand by die NG Kerk Uitsig in Bloemfontein saamkom vir ‘n oomblik van stilte ter nagedagtenis aan die slagoffers van dié skokkende voorval. Steyn sê kerse gaan onder meer aangesteek word om ‘n boodskap uit te stuur dat liefde oor geweld seëvier. Dit begin om 19:00.

Dit kom nadat die  skieter, Omar Mateen, ‘n veiligheidsbeampte, Sondag in die vroeë oggendure in die gay-nagklub, Pulse, in Orlando se middestad, om mense losgebrand het. Hy is etlike ure daarna deur die polisie doodgeskiet. Mateen was vermoedelik die Islamitiese Staat (Isis) goedgesind. Reuters het berig dat hy die Amerikaanse nooddiens, 911, tydens die voorval gebel het en trou aan Isis gesweer het. – Christal-Lize Muller

 

 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Metro’s assets ‘not for sale’

The Mangaung Metro Municipality (MMM) has sought to allay...

Ramaphosa cautions employers on hiring undocumented workers

President Cyril Ramaphosa has cautioned employers that hiring undocumented...

SANRAL’s N1 upgrade in FS to improve road network, create jobs

The South African National Roads Agency SOC Limited’s (SANRAL)...

Mangaung gears up for the festive season

As the festive season approaches, the Mangaung Metro Municipality...