E Copy

Date:

Heide Primêre Skool amper klaar ná sowat drie jaar

Die toestande waarin sowat 1 300 leerders van die Heide Primêre Skool in Heidedal, Bloemfontein, onderrig moet word, raak al hoe slegter, met die meeste van die mobiele klaskamers wat sonder elektrisiteit is en probleme met watertoevoer ervaar.
Die voormalige skoolhoof, Coleridge Marupen, sê die skool, waar bouwerk aanvanklik nege maande sou duur, is drie jaar later steeds nie voltooi nie. Die leerders moet intussen in mobiele klaskamers les kry. Volgens Marupen is bouwerk egter amper klaar. Die projek, wat deur die nasionale Departement van Basiese Onderwys onderneem is, is verskeie kere tot stilstand geruk weens gedelike probleme.
Die skool was een van tien projekte wat aan die Onafhanklike Ontwikkelingstrust (OOT) toegeken is. Die projekte, wat meer as R500-miljoen sou beloop, is egter deur die departement teruggeneem nadat die OOT nie die beplande spertye kon haal nie. Marupen sê daar word nou weer gewag op geld van die departement om onder meer die plaveisel, tuine en die aanskakeling van elektrisiteit te befonds – Cathy Dlodlo

Share post:

Popular

More like this
Related

Southern landfill in crisis as fires, dumping and diesel woes spark outrage

Bloemfontein's Southern Landfill site is buckling under pressure, with...

Mangaung starts roadwork project ahead of G20 Summit

In a bid to get the city ready for...

Policer officer accused in Kamogelo Baukudi case granted bail

The accused police officer, Sergeant Nzima Philemon Adoons, charged...

Public Outrage as Mangaung Metro Announces New Landfill Tariffs

Residents of Mangaung have voiced strong dissatisfaction following the...