Alexander Ramm in tjello-uitvoering te sien

0
2287
Alexander Ramm in tjello-uitvoering te sien

Die tjellis Alexander Ramm lewer op 22 April om 19:30 ‘n tjello-uitvoering in die Odeion op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Die pianis Pieter Jacobs sal Ramm tydens die uitvoering op klavier begelei.

Ramm word beskou as ‘n nuwe-generasie tjellis wat gekenmerk word deur sy bekoorlike artistieke kreatiwiteit en weergalose tegniese vaardighede.  Alexander se musikale opleiding begin op sewejarige ouderdom by die Glier Music School (Kaliningrad) met Svetlana Ivanova.  Haar buitengewoon toegewydheide ingesteldheid op musiekstudies en pedagogiese talent het die uitsonderlike musikale vermoëns van hierdie jong tjellis na vore gebring.

Nadat hy op tienjarige ouderom na Moskou verhuis, word hy in die klas van Maria Zhuravleva by die Chopin Moscow College of Music Performance aanvaar.  Vanaf 2007 sit hy sy professionele opleiding voort by die Moscow Conservatory waar hy studeer onder leiding van bekende musickus en People’s Artist of the USSR, Natalia Shakhovskaya – ‘n uitsonderlike kunstenaar en pedagoog wat die meeste van die prominente Russiese tjelliste opgelei het.  Alexander is sedert 2012 ‘n nagraadse student aan die Hanns-Eisler Hochschule für Musik onder leiding van befaamde tjellis, Frans Helmerson.

Sedert sy debuut op negejarige ouderdom saam met die Kaliningrad Chamber Orchestra, tree hy in Rusland en wêreldwyd as solis en saam met toonaangewende orkeste op.

Alexander is pryswenner van verskeie internasionale kompetisies:

1ste prys: 4th Moscow Competition for young cellists (2003)

1ste prys: 1st Cambridge International Boston Competition (Massachusetts, 2005)

Grand-Prix: Moscow Festival of Romantic Music (Moskou, 2006)

4de prys: 5th UNISA International String Competition (Suid-Afrika, 2010)

1ste prys: 3rd Beijing International Music Competition (Beijing, 2010)

1ste prys: 1st All-Russia Music Competition (Rusland, 2010)

Pryswenner: Janigro Cello Competition (Kroasië, 2012)

Pryswenners: Swedish Duo Competition met duo-maat Anna Odintsova (2012)

3de prys: Paulo Cello Competition (2013) – die eerste Russiese pryswenner in die geskiedenis van hierdie toonaangewende kompetisie

2de prys: XV International Tchaikovsky Competition (2015)

Alexander het al aan meesterklasse by die Courchevel Academy en Holland Music Sessions deelgeneem, waar hy ook lesse van bekende musici soos F. Muller, R. Latzko, M. Kliegel en U. Wiesel ontvang. In 2011 neem hy ook deel in die Verbier festival, waar hy studieleiding van H. Hoffmann, F. Helmerson, M. Suzuki, L. Power en F. Radosh ontvang. Die Neva Foundation top-level prize for gifted students is aan die einde van die fees aan hom oorhandig.

Alexander werk saam met uitstaande dirigente soos V. Gergiev, V. Spivakov, A. Levin, K. Orbelyan, V. Polyansky, S. Kochanovsky, M. Fedotov, A. Slutsky en A. Sladkovsky.

Pieter Jacobs sal Alexander Ramm begelei.  Pieter het aan die Universiteit van Pretoria gegradueer.  Daarna studeer hy verder by Yale University (VSA) waar hy ‘n suksesvolle loopbaan as solis en kamermusikus in Boston, Cambrigde en New Haven volg voordat hy na Suid-Afrika terugkeer vir uitvoerings en ‘n doseerpos by die Universiteit van Pretoria.  Pieter word beskou as een van SA se voorste pianiste en kamermusici.

Die program sluit in Grieg se Tjellosonate Op. 36 in a mineur (1883), Barber se Tjellosonate, Op. 6 in c mineur (1932), Prokofiev se Tjellosonate, Op. 119 (1949) en Piazzolla: Le Grand Tango vir tjello en klavier.

Kaartjies kos R130 vir volwassenes, R90 vir pensioenarisse, studente en leerders, R70 vir UV-personeel en R50 vir groepbespreking van 10persone. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

*Neem asseblief kennis dat kaartjies vir pensioenarisse, studente, leerders en UV-personeel slegs by ‘n Compticket tak (alle Shoprite Checkers winkels) en by die deure gekoop kan word, aangesien ‘n geldige kaart of ID getoon moet word om vir bogenoemde afslag te kwalifiseer.