2016-Wêreldkennis-olimpiade op pad

0
4788

Die 2016-Wêreldkennis-olimpiade is weer om die draai en inskrywings van skole van regoor die land stroom reeds in. Die eerste inskrywing wat reeds ontvang is, is van Katia Geustyn van die Hoër Meisieskool Oranje. Verlede jaar het die olimpiade ‘n rekordgetal inskrywings van meer as 25 000 leerlinge van gr. 6 tot gr. 12 gehad. Hier is Gerhardus Bosch (skakel-onderwyser Oranje), Geustyn en prof. Nico du Plessis (organiseerder van die Wêreldkennis-olimpiade). Die inskrywingsgeld is R20 elk vir een tot 20 leerders, of R10 elk vir 21 en meer leerders. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 18 Maart. Die olimpiade vind van 14:00 tot 15:15 plaas op 18 Maart. Meer inligting oor die olimpiade is beskikbaar op die webblad, www.edugamez.co.za.