E Copy

Date:

Bergfietsreeks begin op hoë noot

Die bergfietsreeks wat bekend staan as Africycle Tours Urban Attack het verlede week met die eerste van drie byeenkomste afgeskop by die Hoërskool Sentraal. Gemeet aan die meer as 120 deelnemers wat op ‘n Woensdagmiddag dié uitstappie aanpak, is die groei in die sportsoort opmerklik.

Vir sekere van die jaers was die uitstappie ‘n vinnige een, want van die Vrystaat en die land se voorste fietsryers het aan die verskillende kategorieë (7, 5 of 3 rondtes) van sowat 2km elk deelgeneem. En, hoewel daar volgens die reklame dokumetasie nie kategorieë vir ses en vier rondtes in die reeks is nie, het heelwat deelnemers dit hul missie gemaak om dié hoeveelheid rondtes af te lê.

Rinus Maarsingh het die wedren oor sewe rondtes in 33:10,86 gewen. Hy moes egter hard op sy tande byt om die tweede jaer, Jacques Steyn, wat oor die laaste rondte met ‘n goeie eindpoging vorendag gekom het, te klop. Steyn se tyd in die laaste rondte was heelwat vinniger as dié van Maarsingh.

Steyn se tyd (33:29,58) was weer nie veel vinniger as Maarsingh se pa, Dirk, se tyd van 33:51,27 nie. Dirk se tyd het hom die derde plek besorg. Die genoemde pa-en-seun-kombinasie het onlangs die bronsmedalje by die Suid-Afrikaanse padwedrenkampioenskap in Durban in die tandemafdeling gewen.

Damaen Oosthuizen, een van die sterk Aerocare Courant-fietsryklub se sterre, is bekend vir skitterende baan- en padfietsry en dit sluit nasionale titels in. Hy het egter Woensdag besluit om met sy bergfiets ses rondtes saam met heelparty ander af te lê.

Sy tyd van 28:50,74 is bykans 30 sekondes vinniger as dié van die tweede jaer, Pieter Korkie (29:20,58), oor ses rondtes. – RUFUS BOTHA

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...