E Copy

Date:

Betogings op UV-kampus word gemonitor

Daar is ‘n sterk polisieteenwoordigheid op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus, nadat verskeie gekontrakteerde werkers sedert vanoggend betoog. Die sowat 250 betogers is ontevrede oor die UV se stadige vordering om werknemers, wat verbonde is aan kontrakteurs op die kampus, permanent aan te stel. OFM-nuus se span joernaliste op die toneel berig egter die betogings is vreedsaam. Polisiebeamptes, wat teenwoordig is om bystand aan UV-sekuriteitsbeamptes te verleen, monitor die situasie. Die groep betogers het vanoggend by die Callie Human-gebou op kampus begin betoog. Hulle is nou voor die hoofgebou byeen. ‘n Betoger het aan OFM-nuus gesê hulle gaan nie ophou voordat die UV met daadwerklike antwoorde kom oor hoe hulle vorder om aan die betogers se versoeke te voldoen nie. Die betogers meen die UV het sedert verlede jaar nie by sy voorneme gehou om aandag aan hul versoeke te skenk nie. Dit kom nadat ‘n griefskrif in November aan die UV oorhandig is. Gekontrakteerde werkers van die UV se Suid-kampus en die UV se Qwaqwa-kampus neem deel. Dit sluit onder meer skoonmakers in.

Foto: Lerato Sebe

– Refilwe Gaeswe

Share post:

Popular

More like this
Related

Bochabela road upgrades aim to improve access and boost local jobs

In a service delivery update, the Manguang Metropolitan Municipality...

FCS Mangaung kicks off Child Protection Week marathon

As part of the preparations for Child Protection Week,...

Hawks operation recovers R9 million worth of stolen Eskom property near Bloemfontein

A Hawks-led joint operation conducted by the Tactical Response...

Destea to host game auction

The Free State Department of Economic Development and Tourism...