10 jaar van Grey-musiek

0
1336

Mark Steenbok

Die afgelope naweek (28 en 29 Augustus) het Grey Kollege se jaarlikse musiekfees met groot opwinding by die Sand du Plessis-teater plaasgevind. Hierdie jaar was die gaskunstenaars onder andere Elvis Blue, Andriëtte Norman en die talentvolle plaaslike kunstenaar, Ann Mahlohla. Nog ‘n plaaslike kunstenaar, Rona van Blerk, het die Donderdagaand vir Andriëtte ingestaan.

Die skool het met sy 150ste verjaardag in 2005 besluit om die fees amptelik die Grey-kollege-musiekfees te noem. Dit is egter die breinkind van Michau Heyns en het as 'n beskeie koorfees in die vroeë tagtigs begin. Deur die visie van voormalige skoolhoof Johan Volsteedt is die musiekfees tot huidige formaat getransformeer. Die hoofdoel van hierdie fees is om die verskeidenheid musiektalent wat Grey bied ten toon te stel. Die geleentheid bied ook aan Grey se seuns ‘n kans om die verhoog te deel met van Suid-Afrika se topkunstenaars.