WWJD!

0
359

‘n Nuwe jaar met nuwe uitdagings en drome. Die volgende afkorting, WWJD, het my gedagtes aangegryp. Wat sou dit beteken vir jou en my in die nuwe jaar? Kom ons staan eers stil by die betekenis daarvan. WWJD het veral by jongmense die betekenis gekry van: “What Would Jesus Do?” Is dit nie dalk die vraag vir ons almal aan die begin van die nuwe jaar nie!
Die vraag sou, met ander woorde, wees: Wat sou Jesus doen of gedoen het in die nuwe jaar?
Martin Luther gee op sy manier die antwoord. Hy maak die opmerking: “Daar word eintlik niks anders van ons gevra as om Jesus vir mekaar te wees nie!” Dit is ‘n strewe na die voorbeeld van Jesus! Dit om juis nou aan die begin van die jaar te vra: “Here, maak my meer soos Jesus!” Dalk is dit die antwoord vir ons wêreld ‘n gesindheid van omgee en liefde, ‘n dringendheid by jou en my om “Jesus vir iemand te wees”, in die woorde van Martin Luther!
Wat ‘n uitdaging!
Ds. Stephan van Heerden