Wêreldkennis getoets

0
765
Die Vrystaat se wenners is JP du Toit, gr.9 (Grey-kollege Sekondêr), Katherine Downes, gr. 8 (Eunice High), Basetsana Motloung, gr.12 (Eunice High), Almand van den Heever, gr.10 (St Andrews), Cara Vermeulen, gr.11 (Bloemfontein Academy), en Tshenolo Mangoejane, gr.6 (St Andrews). Agter is die borge: Andriette Potgieter van die ATKV, Ruan Geustyn van SA Print Group en prof. Nico du Plessis, samesteller van die Wêreldkennis-olimpiade. FOTO: MARICELLE BOTHA

Die 2016-Wêreldkennis-olimpiade het vanjaar 21 700 leerders van graad 6 tot 12 se kennis getoets in hierdie gewilde olimpiade.
Dit is die 25ste jaar wat sekondêre skole aan die olimpiade deelneem en die 21ste jaar vir primêre skole.
Die Vrystaat se wenners is Tshenolo Mangoejane, gr.6 (St Andrews), Katherine Downes, gr.8 (Eunice High), JP du Toit, gr.9 (Grey-kollege Sekondêr), Almand van den Heever, gr.10 (St Andrews), Cara Vermeulen, gr.11 (Bloemfontein Academy), en Basetsana Motloung, gr.12 (Eunice High).
Leerders van oor die nege provinsies in Suid-Afrika neem elke jaar deel om hul algemene kennis teen mekaar te meet.
Skole wat die hele skool inskryf, se naam kom op die Hall of Fame-lys en kry ook ‘n spesiale sertifikaat daarvoor.
Die Olimpiade word elke jaar deur prof. Nico du Plessis van Bloemfontein saamgestel. Die 2017- Olimpiade sal op Donderdag 18 Mei 2017, plaasvind. Inskrywings open eers volgende jaar. Die olimpiade word deur SA Print Group en Antalis, ATKV, Media24 and H&B geborg.
Besoek “World Knowledge Olympiad” op die internet om meer inligting te bekom, asook vir vraestelle en memorandums. – Maricelle Botha