Wees veilig op die pad dié vakansie

0
89

Desember is hier en baie Suid-Afrikaners is gereed om na hul vakansiebestemming te vertrek. Verkeer op die land se paaie is reeds aan die toeneem. Padongelukke is egter ‘n realiteit wat jaarliks talle lewens eis. Data van die Departement van Vervoer toon dat padsterftes jaarliks met 14% oor hierdie tydperk styg.
In die lig hiervan doen ER24 opnuut ‘n ernstige beroep op Suid-Afrikaanse motoriste om die komende feestyd veilig op die land se paaie te bestuur. ER24-woordvoerder, Chitra Bodasing Harduth, sê dit is noodsaaklik om voorbereid te wees op ‘n ongelukstoneel, veral as iemand in ‘n botsing beseer is. Sy sê dit is belangrik dat ‘n ongelukstoneel te alle tye beveilig word. Die motorbestuurder moet, indien moontlik, die voertuig tot stilstand bring. Betrokkenes moet nie die toneel verlaat nie. As iemand in ‘n botsing nie ernstig beseer is nie en die voertuig is rybaar, moet die voertuig ‘n ent van die ongelukstoneel langs die pad getrek word om verdere ongelukke te voorkom. Sy sê betrokkenes moet belangrike besonderhede uitruil. Dit sluit name, voertuigregistrasienommers en lisensie-inligting in.
Bodasing Harduth maan betrokkenes op ‘n ongelukstoneel om kalm te bly. Dit is belangrik dat hulle kophou en vasstel wat die situasie is en hoe dit op die bes moontlike wyse hanteer kan word om nog ‘n ongeluk te voorkom. Die betrokke motors se noodligte moet aangeskakel word indien moontlik. ‘n Nooddriehoek moet sigbaar wees om aankomende verkeer op die pad te waarsku. As daar ander mense by die ongeluk betrokke was, stel vas of hulle veilig is. Kyk of al die insittendes in jou voertuig daar is en of hulle beserings opgedoen het. Dit is ook belangrik om vas te stel wat die toestand is van die insittendes in ander voertuie wat betrokke was.
Indien mense beseer is, moet nooddienste ontbied word. Dit is dus belangrik dat mense altyd belangrike noodnommers byderhand moet hê.
Wanneer daar beseerdes in ‘n motor vasgekeer is of die betrokke motor aan die brand geslaan het of iemand in die pad lê, moet hulle na veiligheid gebring word. Sy sê wanneer beseerdes se lewens in gevaar is, moet hulle liefs nie beweeg word nie en eerder in dieselfde posisie bly.
‘n Noodhulpkissie moet altyd in ‘n motor gehou word. Wanneer iemand bewusteloos is, maak die beseerde persoon se mond oop en stel vas of daar iets is wat ‘n obstruksie kan veroorsaak. Indien wel, verwyder dit. Stel vas of die beseerde asemhaal. Indien wel, vermy dit om die beseerde te skuif, behalwe in ‘n lewensgevaarlike situasie soos ‘n brand. Monitor die beseerde se toestand. As ‘n pasiënt nie asemhaal nie, pas mond-tot-mond asemhaling toe indien jy weet hoe om dit te doen.
As ‘n beseerde bloei, gebruik gaas en plaas dit op die wond. ‘n Handdoek, hemp of kombers kan gebruik word om druk op die wond toe te pas totdat paramedici opdaag.
As daar ‘n brand is, gebruik ‘n brandblusser wat altyd in ‘n voertuig gehou moet word. Gebruik ook handskoene wanneer met bloed in aanraking gekom word. Kinders moet ook veilig gehou word op ‘n ongelukstoneel.

Handige toeps vir jou slimfoon:

Blackjack twin outboard brushless rc boat *mySOS is onder meer deur ‘n oud-Bloemfonteiner, dr. Fanie Hattingh, ontwerp as ‘n eenstop-oplossing vir toegang tot die naaste en mees geskikte nooddienste in Suid-Afrika.
Little creek casino trading post *Die MiBlackBox-toep is ontwerp om belangrike inligting aan te teken in geval van ‘n nood. Dit werk amper soos ‘n vloegtuig se “black box” wat belangrike inligting opneem en nooddienste kontak in geval van ‘n krisis.
*Nog ‘n toepassing wat deur ‘n Bloemfonteiner, Marlize Holtzhausen, en ‘n vriend van stapel gestuur is, is Rapid Response. Hierdie toep se noodaansoek kan maklik geaktiveer word in die geval van misdaad of ‘n ongeluk en sal outomaties die geprogrammeerde nooddienste in kennis stel van jou situasie. Jy kan ook die program so programmeer dat persoonlike kontakte soos familie en vriende onmiddellik in kennis gestel word van jou krisis.

Belangrikenommers om byderhand te hê:

Ambulansnoodnommer – 10177
Noodselfoonnommer – 112
Nasionale noodnommer – 10111
ER24-noodnommer – 084-124
Netcare 911 – noodnommer – 082-911
Life Rosepark Paramediese Respons – 0800-22-22
Dit is belangrik om voor jy vertrek deeglik bewus te wees van enige vereistes wat deur jou mediese fonds gestel word rakende diensverskaffers. Programmeer die nommers op jou foon en maak seker dat jou motor duidelik daarme gemerk is.

– Christal-lize Muller & Maricelle Botha
christal-lize@centralmediagroup.co.za
maricelle@cantralmediagroup.co.za