Wattbike-uitdaging ‘n reuse-sukses

0
338

Casino sapphire pokemon Die Wattbike for Them-fondsinsameling vir Kindersorg Bloemfontein het meer as ‘n 100 deelnemers gelok wat vir 12 kinders in nood by Kindersorg getrap het. Die totale kilometers wat deur al die deelnemers afgelê is, is 1923,3km. ‘n Bedrag van sowat R55 000 is só deur die projek ingesamel. Deelnemers is deur verskeie besighede en individue wat hul harte vir die spesifieke kinders by Kindersorg oopgemaak het, geborg. Van Mej. Bloemfontein tot Kindersorg- maatskaplike werkers het aan die uitdaging deelgeneem. Adrian le Roux van Sports Performance Clinic het die gimnasium vir dié uitdaging beskikbaar gestel, terwyl Miemie Kleingeld van Checkers die eet- en drinkgoed vir die dag voorsien het en Johan Gunter van Radio Rosestad die mediaborg vir die dag was. Diegene wat nog donasies wil maak, kan Kindersorg se kantore by 051-430-3311 kontak.