Wat bring Oktober? – 27 Oktober 2016

0
339

Oktober is bekend as die mooiste maand. Ja, die lente is hier en die blomme begin nuwe lewe kry. Die voëls is terug in die bome en die kleure van ‘n nuwe seisoen bring ‘n opgewondenheid. Tog is dit nodig dat ons ook nuut sal dink en optree. Die Here kom na ons toe en vra dat ons:
• Sal aanhou om te leef, al is ons geliefde(s) nie meer hier nie
• Sal moed hou, al is daar geen menslike hoop nie
• Sal opstaan en ‘n nuwe pad loop as ons deur die krisis van ‘n egskeiding gaan
• Sal vriendelik wees teenoor mense wat ons afjak
• Sal opreg wees teenoor hulle wat agteraf van ons praat
• Sal goed doen aan hulle wat ons kwaad aangedoen het
• Sal glo dat die Here omstandighede en ons lewe in Sy hand hou!
Ja, dat ons die woorde van 1 Korinthiers 13 sal lééf!
Ds. Stephan van Heerden