Vyf roof vulstasie in Bloemfontein.

0
2515

Die polisie in Bloemfontein ondersoek intussen nog ‘n rooftog wat gister in die vroeë oggendure plaasgevind het. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê vyf swaar gewapende mans het omstreeks 02:00 by ‘n vulstasie op die hoek van Vereenigingrylaan en Curielaan in ‘n geriefswinkel ingestorm en twee werknemers gedwing om op die vloer te lê. Hy sê twee van die rowers het probeer om die kluis in ‘n kantoor met ‘n koevoet oop te breek.Hulle het egter nie daarin geslaag nie.

Plofstof is gebruik. Die booswigte het met ‘n onbekende bedrag geld op die vlug geslaan. Hulle het in ‘n bruin Mercedes-Benz sonder nommerplate weggekom.

Die booswigte het klapmusse aangehad. Hulle was gewapen met drie gewere en twee pistole. Niemand is in die voorval beseer nie.  – Christal-Lize Muller