VS tesourie help om Gupta-koerant te laat oorleef

0
376
Muldergate boek wat deur Mervyn Rees en Chris Day geskryf. Die boek praat van Die Infomasie Scandal. Photo: bidorbuy.co.za

Die miljoene wat Vrystaat Tesourie tydens die eerste ses maande vanjaar aan die Gupta-koerant, The New Age (TNA) help duidelik om die koerant te laat herleef.

Dit is volgens politieke analis aan die Noordwes-Universiteit (NWU), André Duvenhage.

Hy het gereageer op Bloemfotein Courant berigte dat die provinsiale tesourie die grootste gedeelte van sy begroting vir koerante en tydskrifte – sowat R2,7m aan bestee het.

Tesourie het die uitgawe verdedig en gesê hulle dra die koste vir al die ander departmente.

Duvenhage sê invloed en positiewe stories is vir die regering baie belangrik en hulle is bereid om behoortlik daarvoor op te dok.

“[Die koerant] is nie kompeterend nie en moet aan die gang gehou word en laat my baie dink aan ou Nasionale Party regering wat  destyds hulle beeld in die engelse media probeer verbeter het om Die Citizen oor te koop.”

Cathy Dlodlo/Courant-nuus