VS-tesourie: Besteding aan media-maatskappye weer in die kollig

0
354
Education allegedly suspends managers
 

Bloemfontein – Vrystaat-tesourie se besteding aan media-maatskappye is weer in die kollig, nadat dit bekend geword het dat dié departement onlangs miljoene rand aan The New Age-koerant, wat aan die omstrede Gupta-familie behoort, bestee het.

Die departement se state wys dat daar meer as R2.2 miljoen aan dié koerant in die eerste kwartaal van die 2016/2017 boekjaar betaal is. Dit terwyl die besteding by 14 ander publikasies in totaal, maar net oor die R12 000 beloop het.

Die hoogste uitbetaling, ná die Gupta-rekening, was R3 100 – en dit was aan Business Day. ‘n Uitsetting van die provinsiale tesourie se besteding is in ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag in die wetgewer verskaf.

DA LPW David van Vuuren het vuur gespoeg en gesê hy sidder om te dink wat van die ander departemente en die wetgewer moontlik aan die Gupta-koerant bestee het.

“Dit is verskriklik skokkend veral as jy dink daar is ‘n klop koerant-maatskappye wat daar buite is wat almal R1 500 tot R1 700 se advertensiekostes het, maar daai een koerant – The New Age – se kostes beloop miljoene – en dit net vir die een departement. Ons het nou juis gevra wat die ander departemente se uitgawes is, maar dit is ‘n skande,” sê Van Vuuren.

Courant/CATHY DLODLO