Vrystaat vaar swakste in sentraal SA met skool infrastruktuur

0
322

Die Vrystaatse Onderwysdepartement vaar die swakste in vergelyking met die Noord-Kaap en Noordwes met die leweraar van voorsiening van basiese dienste en infrastruktuur by skole regoor die provinsies.

Dit is volgens ‘n verslag van die nasionale Onderwysdepartement wat vroeër vandeesmaand in die parlement ter tafel gelê is. Leerders by altesaam vyf skole in die Vrystaat het teen November vanjaar nie toilette by die skool nie en by 23 skole is daar nie water beskikbaar nie.

Vyf-en-twintig skole moet ook noodgedwonge sonder elektrisiteit klaarkom. Dit terwyl alle skole in die Noord-Kaap en Noordwes volgens die verslag water en toilette het. Net drie in die Noordwes is in donkerte gehul.

Altesaam 47 skole in al drie provinsies moet vervang word omdat hulle van ongewenste materiaal soos houd, klei en of asbes gebou is. Volgens die verslag vorder die Vrystaat egter vluks met die uitwissing van die agterstand. – Cathy Dlodlo