Vrou deur straat gesleep en aangerand voor haar dood

0
272

‘n Man van Wepener in die Vrystaat, wat sy vrou in die straat gesleep het en herhaaldelik geslaan het, is kort nadat sy op die toneel dood verklaar is, in hegtenis geneem.

Polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana, sê lede van die gemeenskap het die polisie Saterdagaand ontbied nadat ‘n 32-jarige man sy 27-jarige vrou aan haar arms in die straat in die Nyarela-woonbuurt gesleep het.

Hy het dit gedoen ten aanskoue van omstanders. Die slagoffer se broek het weens die slepery verloor.

Hy sê met die polisie se aankoms op die toneel het die vrou in ‘n plas bloed gelê buite ‘n huis in die township. Sy was half kaal. Daar was kneusplekke aan haar lyf.

Die oorsaak van die vrou se dood en die tipe voorwerp (indien dit gebruik is) sal in ‘n nadoodse ondersoek vasgestel word, sê hy.

Die slagoffer se man is op die toneel in hegtenis geneem. Die motief vir die moord is onbekend. Die verdagte sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn. Hy staan tereg op ‘n aanklag van moord.

Christal-Lize Muller/Courant-nuus