Voormalige ANC hoë nou by nuwe party

0
545
Verteenwoordigers van politieke partye in die Vrystaat tydens die ondertekening van die Gedragskode
Voormalige ANC voorsitter in die Vrystaat, Pat Matosa, het weer amptelik sy hoed in die provinsiale politieke arena ingegooi.
Hy het vanoggend die ondertekeningseremonie van die verkiesingsgedragskode vir politieke partye in Bloemfontein bygewoon as lid van die nuwe party – Agency for New Agenda. Verteenwoordigers van altesaam 22 politieke partye het die gedragskode onderteken. Matosa sê die nuwe party gaan eers later vandeesmaand amptelik bekend gestel word. Hy sê die politiek in die Vrystaat het dringend vernuwing nodig. Hy sê hy het reeds in 2013 sy “voormalige politieke huis” (die ANC) verlaat. Motasa sê hy is tydelik as die Sekretaris-Generaal van die party aangewys tot die amptelike bekendstelling van die party waartydens die burgemeesterskandidaat vir Mangaung bekend gestel gaan word – Cathy Dlodlo