Vier verdagtes vas ná konstruksiewerkers se huis op Trompsburg beroof word

0
254

Drie vermeende diewe tussen die ouderdom van 17 en 22 sal na verwagting môre in die landdroshof op Trompsburg in die Vrystaat verskyn in verband met ‘n rooftog by ‘n huis op die dorp laat Saterdagmiddag. Polisiewoordvoerder, Thabo Litabe, sê die booswigte het by ‘n huis ingebreek waar konstruksiewerkers van ‘n private maatskappy wat bouwerk aan die N1-snelweg naby die dorp doen, bly. Hy sê niemand was tuis ten tyde van die inbraak nie. Kruideniersware, dvd-spelers, komberse en duur klere asook ‘n skootrekenaar en geheuestokkie ter waarde van sowat R8 000 is gebuit. Die goedere is Dinsdag by die verdagtes se onderskeie huise deur die polisie gekonfiskeer nadat inligting van die gemeenskap ontvang is oor partytjies wat deur die booswigte gehou is ná die sukses van hul beweerde rooftog. Dit was vir verskeie gemeenskapslede vreemd dat die mans, wat in armoede leef, se leefstyl skielik verander het.

Die laptob is in Bloemfontein opgespeer en is reeds aan ‘n 43-jarige Nigeriese burger vir R500 verkoop.

Litabe sê die Nigeriese-burger word ook aankla vir die besit van beweerde gesteelde goedere. Hy sal na verwagting saam met ander verdagtes in die hof verskyn. – Christal-lize Muller