Video: Topleerling praat by skool

0
939

Dit is ook vir talle gr.8-leerlinge die begin van hul hoërskoolloopbaan.

Stephen Pretorius is ‘n matriekleerling aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein. Hy sê dit is vir hul matriekklas belangrik om die nuwe gr.8-leerlinge touwys te maak en tuis te laat voel in dié skool.

Muller Scheepers, ‘n oudleerling aan die Laerskool Willem Postma, is opgewonde om sy gr.8-jaar aan die Hoërskool Sentraal te begin.

Die Hoërskool Sentraal het in 2016 die Vrystaat se topmatriekleerling opgelewer. Johan Champion het ‘n gemiddeld van 95,5% behaal.

Hy het vandag die skool toegespreek en sy opgewondenheid oor sy toekoms meegedeel. Maricelle Botha, redakteur van Courant, het die video vanoggend geneem.- Christal-lize Muller/Courant-nuus