VIDEO: Lugfoto van massiewe R31-sinkgat

0
1104
Photo: Facebook, Hendrik van Hunks Landscape and Aerial photography.

Meer beeldmateriaal van die massiewe sinkgat langs die R31 tussen Daniëlskuil en Kuruman in die Noord-Kaap is beskikbaar gestel.

Fotograaf en videograaf, Hendrik van Hunks, het ‘n video op sosiale media gedeel wat wys hoe groot die sinkgat is en hoe wyd dit strek.

Die asemrowende lugfoto wys dat die sinkgat in die plaas langs die pad ingeval het, en nie oor die pad soos wat talle mense gedink het nie.

Die video is 40 000 gekyk en is teen Vrydag reeds meer as 2400 keer gedeel met mense wat kommentaar lewer en sê dat dit nie so gevaarlik lyk soos wat baie aangevoer het nie.

Siviele ingenieur, Melt Badenhorst, het Donderdag voorgestel dat die pad gesluit word weens die gevaar wat dit moontlik vir padgebruikers kan inhou.

Die pad is egter, na wat veneem word, steeds oop en in gebruik.  Courant-nuus