Veteraanmotors trek saam in Bloem

0
1337
Veteraanmotors trek saam in Bloem. Hier gee Pierre Maartens, Theo Potgieter, Jimmy MacDonald en dr. Jacques Redelinghuys lesers solank 'n voorsmakie van wat verwag kan word op die dag.

Augustusmaand is om die draai en dis weer tyd vir die 27ste Cars in The Park wat deur die Vrystaat Veteraanmotorklub aangebied word. Die byeenkoms word op Dinsdag 9 Augustus by Martie du Plessis-skool se Duppiespark, ten bate van die skool, gehou.

Die geleentheid word in samewerking met ander motorverwante klubs gereël met die doel om veteraanmotors, trekkers en enjins uit te stal en sodoende ‘n bydrae aan ‘n verdienstelike welsynsorganisasie te maak. Toegangsgeld is R30 vir volwassenes en R10 vir skoolgaande kinders.

Die geleentheid word opgehelder deur ‘n uitstalling van die Munisipaliteit se Brandweerdiens asook ‘n modelmotor- uitstalling en verkope deur Toy Fair. Vir meer inligting, kontak Philip Heyns by 082-462-0827 of Theo Potgieter by 084-551-6122.