Vermiste Ladybrand-dogtertjie se lyk gevind

0
7226
Natasha Potgieter.FOTO: PINK LADIES

NUUS PAS ONTVANG: Die lyk van ‘n sesjarige dogtertjie van Ladybrand, wat gister as vermis aangemeld is, is vroeg vanoggend in ‘n swembad twee huise van haar ouerhuis gevind. Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Phumelelo Dhlamini, sê die polisie ondersoek nou die oorsaak van Natasha Potgieter se dood. Sy is gister laas lewend by ‘n munisipale woonstelblok op die dorp gesien. Nuus oor verdere verwikkelinge volg. – Christal-Lize Muller