Verdagtes in korrupsiesaak by Maseru-grenspos weer later in hof  

0
212
Photo: Earl Coetzee

 

Die 26 verdagtes wat vroeër in hegtenis geneem is op aanklagte van bedrog en korrupsie by die Maseru-grenspos, sal weer op 2 Desember in die hof verskyn.

Die verdagtes het glo omkoopgeld aanvaar in ruil vir onwettige dokumente van Lesotho-burgers wie se toegelate tyd in Suid-Afrika verstreke was. Hulle is op borgtog vrygelaat.

Die borgtog vir ses burgerlikes, wat glo saam met twintig amptenare van binnelandse sake gewerk het, het gewissel van R500 tot R1000. Die twintig amptenare van Binnelandse Sake is op R1500 borgtog elk vrygelaat.

Valke-woordvoerder, S’fiso Nyakane, sê hulle het streng paroolvoorwaardes ontvang, waarvan een die herroeping van hul paspoorte was.

Hy sê die saak is vandag in die Ladybrand-landdroshof vir verdere ondersoek uitgestel.

-Mark Steenbok