UV-kampusse het heropen

0
544

Die Universiteit van die Vrystaat se drie kampusse het vanoggend heropen. UV-woordvoerder, Lacea Loader, sê meer detail sal later vandag beskikbaar wees.

Sy beklemtoon egter dat akademiese bedrywighede op die UV se Bloemfontein-, Suid- en Qwaqwa-kampus hervat het. Loader sê gerugte dat die Bloemfontein-kampus vanoggend gesluit is weens betogings, is onwaar.

Bloemfontein Courant se Mark Steenbok wat op dié kampus is, sê sowat honderd studente is tans by die Thakaneng-brug op die kampus byeen. Hulle sit in groepe en gesels en sing. Die situasie is egter vreedsaam.

Intussen is nóg vier studente, bo en behalwe vanoggend se sewe, pas by die rekenaarlaboratorium op die Bloemfontein-kampus in hegtenis geneem.   Dit is bo en behalwe die sewe wat vanoggend elders op dié kampus gearresteer is.– Mark Steenbok & Christal-Lize Muller