UV-kampusse gesluit vir die dag

0
562

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-, Suid- en Qwaqwa-kampus is vandag nog gesluit. Die universiteit se woordvoerder, Lacea Loader, sê akademiese en administratiewe dienste is vir die dag opgeskort. Dit nadat die UV gister aangedui het dat die universiteit vandag sou heropen het.

Die Free Education-beweging (FEM) het sedert gister op sosiale media dit duidelik gestel dat hulle beoog om alle bedrywighede op die instelling se kampusse te ontwrig totdat die regering gehoor gee aan hul eis vir gratis tersiêre onderrig. Loader sê meer inligting sal na 13:00 vandag op die UV se webblad beskikbaar wees.

OFM-nuus is tans by die UV se Bloemfontein-kampus waar studente wat vandag opgedaag het vir klas en toetse teleurgestel moes omdraai. Lede van die FEM-beweging is steeds by die kampus se hoofhek besig om te sing. – Christal-Lize Muller/Maricelle Botha/Earl Coetzee