Ugandese ‘dokter’ in hegtenis in Phuthaditjhaba 

0
2338

Die polisie in die Vrystaat het in samewerking met die Valke, het na maande se ondersoekwerk ‘n verdagte van Uganda vasgetrek wat hom glo as ‘n dokter voordoen en onwettig swangerskappe be-eindig.

Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring sê die verdagte is by sy woning in Phuthaditjhaba, waar hy glo die sogenaamde operasies uitgevoer het, vasgetrek.

Hy sê die verdagte het hom glo voorgegee as ‘n gekwalifiseerde dokter wat verskeie ontwettige operasies oor ‘n tydperk in en rondom Phuthaditjhaba uitgevoer het.

Mophiring sê terwyl die polisie die huis deursoek het, is daar op pille, wat vir die pasiënte gegee is, ‘n notaboek met name van pasiënte wat hom al gespreek het, en vier selfone wat gebruik is om in kontak met die pasiënte te bly, afgekom.

Mophiring sê die verdagte het glo verskeie name in hierdie typerk gebruik.

Die verdagte sal op 10 Januarie 2017 in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding.

-Mark Steenbok