Twee dood na brand by Bfn woonstel

0
3723

Twee mense is dood nadat ‘n brand gisteroggend by ‘n dubbelverdieping-woonstel in Universitas, Bloemfontein, uitgebreek het.

Polisiewoordvoerder Chaka Marope sê die brand het kort voor 08:00 by die Unitas Herberg  langs die Universitas-hospitaal onstaan.

Hy sê ‘n middeljarige paartjie kon betyds ontsnap terwyl ‘n 60-jarige vrou en ‘n drie-jarige meisietjie in ‘n ander vertrek binne die woonstel vasgekeer was. Hulle het doodgebrand.

Die 30-jarige vrou is met ernstige brandwonde na die Pelonomi-hospitaal geneem.

Marope sê ’n geregtelike doodsondersoek het reeds begin.

Instussen sê die afdelingsoffisier by die Mangaung-brandweer-en-reddingsdiens, Braam van Zyl, dat die brand in ’n slaapkamer op die eerste verdieping van die woonstel ontstaan het.

“Vier mense het geslaap, ‘n ma, ‘n jong kind en twee middeljarige mense. Al vier was op die boonste verdieping, die brand was in ‘n gevorderde stadium maar is gou onder beheer gebring. Ons het twee brandweerspanne daar gehad,” sê Van Zyl.

-Mark Steenbok