Tralies blink uit

0
227
Ben Arthur, graad 9-leerder van die Hoërskool Sentraal, het in 2007 met gimnastiek begin en is sedert 2015 by die Helena Botha-gimnastiekklub. Hy verwerf in 2012 Vrystaat-kleure in trampolien. Hy behaal 'n tweede plek vir Synchro asook vir Euro Trampolien tydens die SA Gym Games in Kaapstad in Oktober 2016. Hy is gekies vir die SA span vir Euro en Double-minitrampolien wat van 7– 2 Desember in Zimbabwe sal plaasvind.
Elandri du Plessis van die Hoërskool Sentraal het 'n eerste plek behaal in die kleingeweer (.22)- afdeling vir Knypkop-dogters in baanskiet. Sy verdien hiermee haar Vrystaat-kleure. Sy het  ook 'n eerste plek in die geweerjag-afdeling vir Knypkop-dogters behaal.
Elandri du Plessis van die Hoërskool Sentraal het ‘n eerste plek behaal in die kleingeweer (.22)- afdeling vir Knypkop-dogters in baanskiet. Sy verdien hiermee haar Vrystaat-kleure. Sy het ook ‘n eerste plek in die geweerjag-afdeling vir Knypkop-dogters behaal.
Keeno Orlein van die Hoërskool Sentraal is ingesluit in die o.15-Vrystaat-krieketspan. Dié span gaan van 9 – 13 Desember aan die Nasionale o.15-krieketweek in Potchefstroom deelneem.
Keeno Orlein van die Hoërskool Sentraal is ingesluit in die o.15-Vrystaat-krieketspan. Dié span gaan van 9 – 13 Desember aan die Nasionale o.15-krieketweek in Potchefstroom deelneem.