Toestande gunstig vir donderbuie en buie in VS en NW

0
136
Die Suid-Afrikaanse weerdiens sê toestande lyk gunstig vir donderbuie en buie in dele van die Vrystaat en Noordwes oor die volgende twee dae.

Weervoorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor, Tonie Rossouw, sê op plekke, veral in die noordelike dele van die Vrystaat, kan daar reën voorkom.

Hy sê dele in die sentrale westelike dele van die Noord-Kaap behoort nie vir die volgende ses dae reën te verwag nie. Sonnige toestande word egter vir die naweek voorspel.

“Van Vrydag af en oor die naweek verwag ons meer sonnige toestande, nie enige reën nie, behalwe oor die verre noord-oostelike dele van die Vrystaat. Met hoë temperature hierdie tyd van die jaar is die haelrisiko redelik hoog. As die weer baie donker lyk en so van die weste af nader beweeg, is dit maar altyd veilig om goeie beskutting te kry vir jou voertuig,” sê Rossouw.

-Mark Steenbok