Tier byt werknemer by reservaat dood

0
1558
Vivienne McKenzie

Die bestuur en werknemers by die Laohu Valley-reservaat by Philippolis in die Vrystaat is in rou gedompel nadat ‘n werknemer, wat verantwoordelik was vir die welstand van tiere, gisteroggend deur ‘n tier doodgebyt is.

Die tierplaas sê in verklaring dat die 43-jarige Vivienne McKenzie sedert 2002 by die plaas gewerk het. McKenzie het ondermeer haar lewe aan die versorging en beskerming van die bedreigde Suid-Chinese tiere gewy.

‘n Emosionele Heinrich Funck, bestuurder van die tierplaas, het aan Courant gesê dat ‘n projekspan en die owerhede tans besig is met ’n deeglike ondersoek om vas te stel wat gebeur het.

Funck het ook sy medelye met die familie van Mckenzie betoon en haar geloof vir haar passie en toegewydheid.

Polisiewoordvoerder, Maselela Langa, het die voorval bevestig.

Volgens die verklaring is die vyfjarige tier, “Beta” intussen van kant gemaak.

-Mark Steenbok