Storiesmous – 27 Oktober 2016

0
209

http://xn--74-jlcdbkhc8bya6etf.xn--p1ai/pages/sitemap12.html рекомендательное письмо образец офис менеджера офис As Trump president word, sal hy die heel oudste persoon in die geskiedenis wees wat die Withuis se sleutel ontvang. Ronald Reagan, wat tans die rekord hou, was 69 jaar en 11 maande toe hy ingehuldig is. Dis jammer vir ons senior burgers se status dat Bernie “Feel the Bern” Sanders teen Hillary uitgesak het. As “Crazy Bernie” die paal gehaal het, sou hy ‘n volle 75 gewees het op inhuldigingsdag. (Winston Churchill was ook 75 toe hy die tweede keer premier van Brittanje geword het.) анализ стиха я встретил вас тютчева ‘n Mens kan lekker speel met die ouderdomstatistieke. Amerika se jongste president was nie John F. Kennedy nie, maar Theodore Roosevelt. Hy was net 42 toe hy president geword het nadat sy voorganger, William McKinley, in ‘n sluipmoordaanslag gesterf het. Kennedy was op 43 wel die jongste president wat amptelik verkies is. Ouderdom bly natuurlik ‘n relatiewe begrip. Die lewensverwagting van ‘n wit man in Amerika in 1901, toe Teddy Roosevelt ingesweer is, was maar 48 jaar.
As ‘n mens die gemiddelde ouderdom uitwerk van die 43 manne wat sedert 1789 die VSA se president was, kom jy uit by 54 jaar en 11 maande op die dag van hul inhuldiging. Die rede waarom Barack Obama die 43ste persoon maar die 44ste president is, is omdat een van sy voorgangers in twee afsonderlike termyne hierdie hoogste amp beklee het. Grover Cleveland was die 22ste én die 24ste president van die VSA. En om by Trump se sekskapades aan te sluit: Cleveland se opponent in die 1884-verkiesing, James G. Blaine, het beweer dat sy teenstander ‘n buite-egtelike kind gehad het. Sy spottende slagspreuk teen Cleveland was: “Ma, Ma, Where’s my Pa, Gone to the White House, Ha, Ha, Ha”.
Daar’s niks nuuts onder die son nie.